Boeke vir Afrika!

Daar is altyd iets om in te vul

Ons het ons eie span wat boeke voorberei van tyd tot tyd vir die toepassing. Hierdie boeke is maklik om in te vul.

‘n Span gedugte opstellers, gesout in die weêreld van blokraaie vir jare, stel hulle digitale publikasies aan jou beskikbaar

Blokaspaai Boekrak

Xword

Anina Roux is 'n vryskutjoernalis en woon in Johannesburg. Sy het byna 40 jaar se ondervinding in die saamstel van verskillende soorte blokkiesraaisels, blokraaisels en woordspeletjies, in beide Afrikaans en Engels, sowel as verskeie tipes Sudoku's.

Anina se naam het oor die jare sinoniem geword met professionaliteit en met pasgemaakte raaisels wat betyds aan publikasies gelewer word. Die groeiende aanvraag na haar kreatiewe werk het tot gevolg gehad dat sy die besigheid moes uitbrei. So is die familiesaak XWord gebore. Vandag bestaan XWord uit sewe mense wat verskeie raaisels en woordspeletjies vir uiteenlopende publikasies en klante in Suid-Afrika en selfs in die buiteland saamstel en redigeer.

In samewerking met haar spanlede Louise van Tonder, Albé Grobbelaar, Samantha McKendrick en Rick van Tonder is vier boeke tussen 2007 en 2009 deur XWord uitgegee, nl. Groot Afrikaanse Pretboek, Bybelblokraaiboek, Grootdruk-blokraaiboek en die Finweek Blokkiesraaiselboek.

Pen Pret - Blokpret 1

Penpret

Penpret word besit en bestuur deur twee dames, Yvonne van Eeden en haar dogter Heidri van Eeden en ‘n paar medewerkers. Yvonne het bykans veertig jaar gelede die bedryf begin as die heel eerste persoon om ‘n Afrikaanse Blokraaisel in Suid-Afrika op te stel.

Huisgenoot, vir wie sy tans nog werk, was die heel eerste tydskrif om haar werk te publiseer. Sy het met groot sukses die kuns om blokraaisels op te stel bemeester en werk vandag vir verskeie tydskrifte en koerante.

Uit haar pen het reeds verskeie Blokraaiselboeke verskyn, asook ’n Blokraaiwoordeboek, wat sy in medewerking met haar suster saamgestel het.

Sewe jaar gelede het Heidri by haar aangesluit. Hulle vorm ‘n gedugte span vir wie blokraaisels-opstel ‘n groot uitdaging en passie is.