Die geboorte van Blokaspaai

’n Wêreld-eerste vir Afrikaans!

Blokaspaai is gebore uit ’n effense verslawing aan woordspeletjies. Die skepper vul al jare elke beskikbare blokraai in. Tydskrifte is deesdae op enige tablet beskikbaar, maar die weeklikse blokraai ontbreek steeds.

Omdat niemand hierdie opsie in Afrikaans aanbied nie is Blokaspaai as antwoord geskep. Meer tydig kon dit nie wees nie, want 2013 was die eeufeesviering van die wêreld se eerste blokkiesraaisel.

Die app (en ja, daar is so ’n woord - die Afrikaanse Taalkommissie beraadslaag steeds oor die Afrikaanse benaming vir ’n app) is programmeer en artisties versorg deur Shine Interactive terwyl die Blokaspaai-span sorg vir raaisels met verskeie moeilikheidsgrade in elke uitgawe.

Ons Visie

Blokaspaai bied ’n nuwe dimensie aan ’n ou gunstelingtydverdryf. Ons wil ’n sambreel skep waar liefhebbers verskeie woordspeletjies in e-boekformaat kan aanskaf.

Ons Missie

Ons missie is om Afrikaanse woordspeletjies van al ons mees geliefde opstellers direk aan die publiek te bied in ’n hanteerbare formaat wat oor die plesier van invul gaan en nie die bemeestering van tegnologie nie.

Vir opstellers bied ons ’n geleentheid om raaisels aan hulle mark digitaal te verskaf sonder onnodige middelman-kostes.

Blokaspaai Boekrak