
Blokraaisels in jou taal
Maksimaal digitaal
Blokaspaai bied 'n nuwe dimensie aan 'n ou gunstelingtydverdryf. Spesiaal ontwerp om maklik in te vul sonder onnodige tierlantyntjies en fieterjasies.
Van Suid-Afrika se bekendste opstellers publiseer gereeld hulle eie boeke teen sakpaspryse – reeds meer as 650 blokraaie in 30 boeke. Jy sal vir seker nooit sonder 'n kopkrap-lekkerte sit nie.
Maklik om in te vul met leidrade bo die sleutelbord

Ruil blokkies om na antwoorde te ‘loer’

Groot verskeidenheid Afrikaans en Engelse boeke is beskikbaar

Hoe werk dit?
Laai gratis af
Kry Blokaspaai op die App Store of Google Play. Die toep self kos niks.
Kies jou boek
Begin met die twee gratis bonusboeke, en koop nuwe boeke teen sakpaspryse wanneer jy lus is vir meer.
Vul in en geniet
Die leidraad staan reg bo die sleutelbord. Vashaak? Ruil blokkies om na ’n antwoord te loer.
Van Suid-Afrika se bekendste opstellers
BlokBrein
deur Estelle KrugerTien boeke vol blokraaie wat jou brein laat werk.
eBlok
deur XWordGewilde blokraaie, met Bybelblokraaie en ’n bielie-boek van 100.
Bobaas Boeke
deur BlokaspaaiOns eie reeks, plus Bobaas Mini vir vinnige raaisels.
Blokpret
deur PenpretPrettige blokraaie vir ontspanne invul.
BisBuzz
deur BlockiSpyEngelse blokraaie, saam met Quick Arrows vir pylwoordraaisels.